Buitelewe

Stans-bandseëlstel

Getoets deur Mark JohnstonStan se buitebandseëlaar het oor die jare byna kultusstatus onder bergfietsryers verwerf. En met goeie rede ook: Sodra jy jou buitebande met dié spesiale lateksvloeistof vul, is die kanse dat jy ’n pap band gaan kry, bitterlik skraal.Wanneer ’n doring of enige ander skerp ding ’n gaatjie in die buiteband steek, maak die seëlaar kontak met die lug en verhard – en binne sekondes is die gaatjie toe. Maar dié seëlaar kan jy net vir binnebandlose bande gebruik.Daarom kan jy met dié stel self jou gewone buitebande aanpas sodat hulle sonder binnebande kan ry. Jy kan by ’n fietswinkel om hulp aanklop, maar die stel het goeie aanwysings.Prys R650 (Maart 2012)Kontak 041 368 5708

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM