Getoets deur Mark JohnstonDié van ons wat grootgeword het met Bonusobligasies, Betamax, Zola Budd en koppeluitsendings op Radio 2000, sukkel maar soms om tegnologie soos ’n GPS te kop.Gelukkig is daar nog iets soos ’n goeie ou kompas.Hy het nou wel nie elektroniese roetepunte of ’n streng Amerikaanse tannie wat jou die pad beduie nie, maar hy’t ook nie batterye wat kan pap word of ontwykende satelliete of ingewikkelde sagteware wat jy moet ontsyfer nie.Dié Suunto A-10-kompas is so lig soos ’n handjie vol skrywelekkers (27 g) en word van ’n krapbestande akrielstof gemaak.As jy dit goed oppas, kan jy dit eendag vir ’n kleinkind gee op sy 21ste verjaardag.Prys R135Kontak Mammoth Outdoor 086 100 0370; Weg sê Moenie jou GPS weggooi en dit met ’n kompas vervang nie, maar ’n kompas in jou paneelkissie of rugsak kan baie handig te pas kom.
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










