Buitelewe

Wavecave: ’n Sak vir slaap

Jy’s gaande oor branderplankry, maar weet nie of jou lae rug nog ’n aand van bakkieslaap op Elands gaan oorleef nie... Oorweeg dan die vindingryke Wavecave – dis ’n drasak vir jou branderplank, maar ook ’n tent.DEUR LYNNE FRASERSê weer... Wat is dit? Dis ’n drasak vir jou branderplank wat omskep word in ’n tent of sonskerm vir koelte op Jeffreysbaai se strand. Slim, nè?Hoekom moet ek een hê? Om ’n branderplank én ’n tent rond te dra is ’n pyn in die watsenaam, veral as jy na ’n eksotiese land vlieg en met busse reis. En as jy bloot vir die dag branders jaag, is dit gerusstellend om te weet jy het skaduwee as die kwik by 35 °C draai!Maar ek het ’n longboard... Die Wavecave is beskikbaar in drie verskillende groottes. Die grootste sak is groot genoeg vir ’n 9’6-plank. Daar is ook sakke waarin jy twee of vier planke kan dra.Maar hoe werk dit?

  1. Soek ’n gelyk stuk grond en maak die sak oop. Haal jou plank uit.
  2. Die tentdeel vou op in ’n sak binne-in die drasak. Haal dit uit en heg dit aan die opgestopte kant vas, wat die basis van die tent vorm. Die tentrame is reeds in plek.
  3. Rits die tent aan die sak vas en kap ’n tentpen (jou eie) in, indien nodig. Violà!

En as daar ’n storm losbars? Die tentmateriaal is waterdig, maar dis net een laag dik. Daar is nie ’n bo-seil vir ekstra beskerming nie; dus sal dit sal jou droog hou in ’n motreën, maar nie tydens ’n stortreën in Mosambiek nie.Waar koop ek een? By die meeste onafhanklike surf-winkels in Kaapstad – probeer .[gallery columns="4" link="file" ids="278109,278110,278112,278111"]

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM