Die D5500 is taai en reg vir pret! Hierdie kamera se raakskerm kan uitgekantel en verstel word om foto's uit verskillende hoeke te neem. Hy is liggewig en maklik hanteerbaar - ideaal dus vir kreatief rondspeel.
Jy kan op jou maag gaan lê om foto's in Namakwaland te neem, of die kamera hoog bo jou kop hou as jy by Oppikoppi by 'n konsert is. Wat jy ook al afneem, die 24 megaspikkel-beeldsensor sorg vir helder, duidelike foto's wat jy met die ingeboude Wi-Fi onmiddellik op Instagram en Facebook kan laai.
Neem dié foto!
Wanneer jy landskapfoto's neem, moet jy soms probeer om jou perspektief te verander sodat jou foto nie dieselfde is soos honderde ander ooghoogtefoto's nie. Kniel, lê op jou maag of verlig die voorgrond.... Dit help natuurlik ook as jy jou kameraverstellings goed ken. Eksperimenteer met 'n stadige sluiterspoed en 'n driepoot, of gebruik 'n wye lensopening vir 'n dramatiese velddiepte.

Wen dié kamera!
WAAR IS EK?
Ons vat jou vanaf Oktober op 'n visuele reis na ikoniese bestemmings. Al wat jy moet doen, is om te raai waar elke foto geneem is en jou antwoord te SMS - maklik!
Waar in Suid-Afrika is dié foto geneem? Raai reg en jy kan 'n Nikon D5500 wen!
SKRYF Só IN: SMS jou naam en e-posadres saam met jou antwoord na 35981. SMS'e kos R1,50. Gratis SMS'e is nie van toepassing nie. Bepalings en voorwaardes geld - lees dit by weg.co.za













