Buitelewe

As jou ryding laer begin staan...

Aanpasbare lugvering
Aanpasbare lugvering

Vervaardigers gebruik verskeie tegniekeom die hoeveelheid ontspanning wat agterna mag plaasvind, te verminder. Ditsluit in haelklopwerk (in Engels shotpeening) en voorstelling, wat ook veerskokwringing (scragging) genoem word.

Haelklopwerk behels dat die staalveer met strale klein balletjies geskiet word,wat baie klein duikies op die veeroppervlak veroorsaak en die oppervlakspanningverlig. Tydens voor-stelling of veerskokwringing word die veer tot drie keerheeltemal saamgepers.

Dit word gedoen omdat die veer gewoonlik na vervaardiging effens langer as sybeoogde lengte is. Ná die voor-stellingsproses, krimp hulle tot hulle korrektelengte.

Bladvere, aan die ander kant, word met 'n effens groter kurwe gemaak as watnoodsaaklik is, maar na die voor-stellingsproses sal hulle die korrekte kurwehê.

Hoewel bogenoemde prosesse die meeste molekulêre stresvermindering voorkom, kandit nie heeltemal vermy word nie.

Daarom gaan jou vere nog 'n bietjie sak namate tyd verloop en jy die voertuiggebruik.

Die hoeveelheid sal bepaal word deur die veer se grootte en ontwerp, diegehalte van die materiaal wat gebruik is, en die vervaardigingsproses.

Maak 'n ander plan

Daar is 'n beperking op die ekstra hoogte wat jy kan wen met onafhanklikevoorvering. Jy kan gewoonlik jou ryhoogte by die wiele met tussen 40 en 50 mmverhoog, voordat dat jy probleme met die dryfas of vering begin teëkom.

Hoewel die voertuig agterna met tot 20mm kan sak as die kronkelveer eers"ontspan" het, is dit moeilik om vooraf te sê presies hoe groot die verlies salwees.

En om die vering met 70mm, byvoorbeeld, te lig om op die ou end 50 mm te wen,sal eenvoudig nie werk nie.

Die voertuig sal 'n veer hê wat vir 'n ruk te lank is voordat dit uitsak, watprobleme met die dryfas en bestuurvermoë sal veroorsaak.

As jy van die verlies wil herwin, kan jy die hoogte van die veer effens boontoestel met 'n klein spasieerder ('n sogenaamde spring seat packer) of met verstelbare hoogtestutte, maar wees maarversigtig vir boonste veringarm-spasieerders.

* Mic van Zyl is die besturende direkteur van Ironman 4x4 Africa, dieenigste invoerder en verspreider van Ironman-4x4-produkte (www.ironman4x4.co.za).

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM