Buitelewe

Broeke vir buite

[Vroue]

Merrell Belay-stapbroek

Dié Amerikaanse maatskappy is eintlik bekend vir systapskoene, maar daar skort min met sy ander staptoebehore.

Die Belay is geskik om in die herfs of winter 'n staptogaan te pak. Dis warm en waterwerend, en die snit is van so 'n aard dat diebroek onder jou rugsak sit en dus nie skaaf nie.

Die gehalte van die stiksel is uitstekend, asook dieklein details wat 'n goeie stapbroek van 'n gemiddelde een onderskei.

Die twee broeksakke en die een kantsak maak byvoorbeeldmet duursame ritssluiters toe en daar is net genoeg rek in die broeksband omdit gemaklik te laat pas.

Hierdie is 'n uit-stekende stapbroek vir sy prys.

R499, merrell.co.za

Hi-Tec-stapbroek

Dís die liggewig broek wat jy vinnig aanglip as jy metdie hond wil gaan stap of Leeukop binne 'n uur of twee in die lente of somerwil kafdraf.

Die hele broeksband is van rekmateriaal, met 'n toutjieaan die binnekant wat jy kan styftrek.

Die broeksakke is diep genoeg, en die twee gatsakke maakmet onderskeidelik 'n ritssluiter en Velcro toe.

Die broekspype het ook rekmateriaal aan die onderkant.Jou broek vou dus knus om jou been onder jou kuite, maar jy gaan lang stapkousemoet dra as jy nie wil been wys nie.

R799, hi-tec.co.za

Columbia Silver Ridge-stapbroek

Columbia, nog 'n Amerikaanse maatskappy, het die afgelope50 jaar groot naam gemaak met sy wye reeks buitelugklere en -toerusting.

Jy betaal wel duur vir 'n broek soos die Silver Ridge,maar hou gaan dit hou.

Elke bietjie tegnologie wat jy in 'n moderne stapbroekkan pas, is hier ingespan. Nie net is die 100% Ripstop-nylon met omniwickbehandel om water weg te lei nie, maar ook met omni-shade om vir jousonbeskerming van 50 UVB te gee.

Die broek deel heelwat van die Hi-Tec-broek se eienskappe('n broeksband van rekmateriaal en rekmateriaal onderaan die broekspype), maardie pype sluit rondom jou enkels.

Die broek het 'n kantsak op die regterbeen wat met Velcrotoemaak, en die gatsakke het onderskeidelik 'n ritssluiter en Velcro om joubesittings veilig te hou.

R1 099, columbiasportswear.co.za

First Ascent Trip Zip-stapbroek

Hierdie is die duurste vrouestapbroek wat ons getoetshet, maar ook die veeldoeligste.

Dit lyk op die oog af na net nog 'n goeie stapbroekgemaak van liggewig, waterwerende nylon, met ses sakke (vier wat met Velcrotoemaak), 'n bietjie rek in die broeksband en 'n verwyderbare gordel.

Maar eintlik is dit drie broeke in een.

As die dou nog vroegoggend op die suikerbos blink, dra jydit as 'n langbroek. Soos die son gesig begin wys, rits jy die broekspype netonder die knie af om jou kuite asem te gee en teen middagete ontbloot jy jouknieë as jy kortbroek wil dra.

Afritsbroekspype kan soms sukkel, maar my vrou het diéeen getoets en sy verseker my die Trip Zip se pype rits maklik aan en af.

R1 299, firstascent.co.za

[Mans]

Hi-Tec Tech-stapbroek

As jy al ooit 'n lang ent in die reën in 'n denim gestaphet, weet jy hoekom die beste stapbroeke deesdae van sterk nylon gemaak word.

Hierdie kortbroek word plaaslik van 100% Ripstop-nylonvervaardig.

Dis sterk, lig en word blitsvinnig droog.

Ek hou van die elastiese insetsels in die broeksband watekstra skiet gee - veral nuttig aan die begin van 'n stap waar jy nog 'nkilogram of twee wil afskud.

Die twee kantsakke is effe vlak na my smaak, maar daar istwee groot kantsakke (een maak toe met 'n ritssluiter en die ander met Velcro)wat keer dat jou sonroom uitval.

R599, hi-tec.co.za

First Ascent Delta-stapbroek

Die spannetjie wat dié broek ontwerp het, het waarskynlikself al 'n staptog agter die blad.

As jy 'n lysie moet saamstel van alles wat jy soek in 'nkort stapbroek vir die lente of somer, gaan die Delta boaan jou inkopielyswees.

Dis lig en word vinnig droog, die snit is gemaklik, daaris 'n bietjie rek in die broeksband, asook 'n toeknipgordel wat jy kan verwyderas jy jou eie gordel verkies.

Die broeksakke is lekker diep met 'n ekstra toeritssakkievir kleingeld. Die kantsakke, asook die twee gatsakke, maak toe met versterkteVelcro.

R1 199, firstascent.co.za

Sterling Combat Mountain-kortbroek

Sterling is 'n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat alsedert 1932 bekend is vir sy kanniedood buiteleweklere.

Hierdie kortbroek is van suiwer katoen en die gehalte vandie materiaal en stiksel is uitstekend. Daar is 'n allemintige agt sakke (sesgrotes en twee kleintjies), waarvan vier met Velcro toemaak.

Jy gaan nie noodwendig kilometers ver in hom wil stapnie, maar as jy in die bosveld of strandlangs suiker, sit hy lekker aan joulyf.

Dis 'n korterige kortbroek met geen rek in die broeksbandnie.

Maak dus seker jy pas aan voordat jy koop, netnou lyk jyen jou agt vol sakke soos 'n botterbul wat 'n streepsak albasters gesluk het.

R399, expeditionnorth.co.za

K-WAY Explorer Rambler-kortbroek

Dis gerieflik om 'n broek te hê waarin jy kan stap, swem,winkel toe gaan, tennis speel... enige buitelugaktiwiteit waaraan jy kan dink.

Die rekbare broekmateriaal word met 'n chemiese bedekkingbekend as DWR (durable water repellent) behandel om dit waterwerend te maak.

Jy kan die broek styftrek met 'n toutjie, en dit hetlusse vir 'n gordel.

Sedert ons die Rambler getoets het, is die broek verbeterdeur twee flapsakke langs die kant en 'n ekstra gatsak op die linkerboud by tevoeg.

Dis goed so, want die ander sakke was te vlak na mysmaak.

R699, capeunionmart.co.za

First Ascent Stretch Fit-stapbroek

By talle moderne stapbroeke kan die onderste gedeelteafgerits word om 'n langbroek in 'n kortbroek te omskep.

First Ascent maak ook een (sien die Trip Zip vir vroue),maar hierdie suiwer langbroek bly een van my gunstelinge as dit koud is, of ekdeur bosse moet stap en oor rotse klouter.

Die duursame nylon waarvan die broek gemaak is, kan inenige rigting rek - net genoeg om ekstra beweegruimte te bied.

Die kantsakke is lekker diep, en die broek het 'n ekstrasak op elke bobeen wat met Velcro-kleefstroke vasmaak.

R849, firstascent.co.za

Pierre Steyn | Foto's: Ronel Steyn

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM