Buitelewe

Die ABC van beligting: ISO

Jou kamera se "Auto"-modus is soos 'n veiligheidsnet- 'n maklike uitweg. Maar jy is waarskynlik al uitgekuier met dié funksie, of hoe? Dit is wat fotografie juis so opwindend maak: Hoe meer jy leer, hoe meer foto's wil jy neem. Kom ons kyk na "beligting".

Beligting is die lig waaraan jou kamera se sensor blootgestel word om 'n foto te neem. Dit word bepaal deur drie hooffaktore:

1. Lensopening. Die grootte van die opening in die lens wat die lig deurlaat.

2. Sluiterspoed. Die tyd wat dié opening oop is en die sensor blootgestel word aan lig.

3. ISO. Hoe sensitief die kamera se sensor vir lig is.

Dié drie faktore werk saam: As jy byvoorbeeld die een hoër stel, sal die ander twee beïnvloed word. In hierdie artikel kyk ons na ISO.

(Kliek gerus op lensopening en sluiterspoed hierbo vir artikels wat meer daaroor vertel).

Wat is ISO?

Net soos filmspoed in die verlede (200 in daglig en 400 binnenshuis) gebruik jy 'n lae ISO vir helder toestande en 'n hoë ISO vir wanneer die lig donkerder is.

Dié drie faktore werk saam: As jy byvoorbeeld die een hoër stel, sal die ander twee beïnvloed word.

DIE DAG Sê NAG. óf jy nou in die die Karoo (waar hierdie foto geneem is) óf in die Kaokoveld is, sal jy die ISO hoër moet stel sodra die son sak.

Wat beteken dit in die praktyk?

Foto's bestaan uit miljoene klein spikkels wat "pixels" genoem word. Wanneer jy die ISO verander, beïnvloed jy die grootte en samestelling van dié spikkels.

Wanneer jy byvoorbeeld 'n hoë ISO gebruik, kan jy waarskynlik in 'n grot sonder 'n flits 'n foto neem. Dit verminder egter ook die aantal spikkels waaruit die foto bestaan. Dít beteken minder kontras en 'n greinerigheid in die foto, veral in die donker gedeeltes.

Die duurder en meer moderne kameras kan teen baie hoë ISO's foto's neem sonder om gehalte in te boet, maar wees versigtig om met 'n ouer kamera foto's te neem met 'n ISO hoër as 1 600.

Nou moet jy besluit

Wanneer jy 'n foto belig, moet jý besluit wat die belangrikste is.

As jy 'n skerp foto van 'n bewegende voorwerp wil neem, moet jy 'n vinnige sluiterspoed gebruik - wat beteken jy moet 'n wyer lensopening en 'n hoë ISO gebruik.

En wanneer jy iemand se portret neem en jy wil hê dat die agtergrond uit fokus moet wees, kies 'n wye lensopening. Dit beteken weer dat jy 'n vinniger sluiterspoed moet gebruik en 'n lae ISO omdat daar reeds baie lig in die lens deurgelaat word.

Onthou dat daar nie iets is soos die "regte" beligting nie: Verskillende verstellings gee vir jou verskillende resultate. As jy onseker is, neem meer as een foto van dieselfde toneel met verskillende verstellings en kies jou gunstelingfoto later.

Wenke vir GREIN

'n ISO van 50-200 gee vir jou 'n fyn grein; 400-800 gee vir jou 'n matige grein en 1600+ gee vir jou 'n growwe grein.

Gebruik hierdie verstellings in skerp lig.

ISO 50

ISO 100

ISO 200

Gebruik hierdie verstellings in min lig.

ISO 1 600

ISO 3 200

Gebruik hierdie verstellings in matige lig (dié foto hieronder).

ISO 400

ISO 800

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM