Buitelewe

Die bromponie-blues

Sò het Kitte Honiball het 'n plan gemaak om sy honde èn besittings op sy swerftogte saam te neem.
Sò het Kitte Honiball het 'n plan gemaak om sy honde èn besittings op sy swerftogte saam te neem. (Ria Vermaak)

Net omdat 'n man nie 'n vaste adres het nie, beteken dit nie jy het geen aardse besittings nie," vertel Kitte. "En soos jy swerf, moet dié besittings immers saam met jou van punt A na punt B kan trek. Dis hoekom ek hierdie waentjie geprakseer het wat ek agter aan my bromponie vasgemaak het.

"Ek het hom met twee fietsrame gebou wat ek met ander los stukkies metaal aan mekaar en aan die agterkant van die bromponie vasgesweis het. Ek het die waentjie ingerig om al my goed saam met my te vervoer: Daar is genoeg plek vir my tent, 'n platform waarop ek slaap, al my ander los goedjies en selfs my honde.

"Aanvanklik het ek fietswiele op die waentjie gehad, maar hulle het nie lank gehou nie. Later het ek nog 'n bromponie gekoop en dié se enjin op die waentjie aangebring.

Kitte, sy honde en die bromponie met die handgemaakte sleepwa.
Kitte, sy honde en die bromponie met die handgemaakte sleepwa.

Ek het ook die fietswiele met die bromponie se wiele vervang. Met daardie ekstra 8 perdekrag het my bromponie-waentjie soos 'n droom gery. Ek was oral, van Randburg tot by Sandton, deur Hartebeespoort tot by Pretoria. Ek het selfs daardie steil opdraande by Florida Hills met hom uitgery.

"En waar ek gery het, was die mense aan my kant. Almal wou foto's neem van my en my ryding. Totdat ek die dag met hom op die snelweg geklim het...

"Ek was op pad Rustenburg toe, en toe ek weer sien, trek 'n spietkop - ene Smit - my af en sê ek kan nie met die ding ry nie, want hy is nie padwaardig nie. Ek moes hom by die weegbrug op Mooinooi los en hy staan nou nog daar. Ek het my honde na my suster in Rustenburg gevat en toe maar vir my 'n fiets vir R400 gekoop waarmee ek nou swerf."

Het jy iewers 'n rare sleepsel gesien? Vertel ons daarvan en stuur 'n foto na wegsleep@weg.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM