Buitelewe

Dis kamptyd!

Ons woon in 'n kamphemel hier in Suider-Afrika. Ons het van die wêreld se beste nasionale parke, en dan is daar nog al die oorde, gasteplase en kleiner kampplekke, van Kaap Agulhas tot teen die Limpoporivier. Jy kan koers kies na die Drakensberg, of pad vat na die grootse ooptes van die Karoo. Jy kan tob tussen 'n langnaweek in die Bosveld of wintervakansie in die Kalahari.

Maar lank voordat jy plek bespreek, moet jy jouself voorberei.

Dis nie lekker om by jou bestemming aan te kom en dan te besef jy' t jou kampstoele in die motorhuis vergeet nie!

Met Camp Master aan jou kant is jy klaar op die voorvoet. Belê in hierdie klassieke produkte en maak die res van die kamp jaloers!

Met jou aankoms, maak gou die Instant Shade 300 Gazebo staan sodat daar skadu is vir van kind tot koelboks:

As jy saam met die res van die krieketspan gaan kamp, slaan die Family Cabin 1100-tent op (slaapplek vir 11), of andersins die vyfman-Family Cabin 510.

Buite slaap is net lekker as jy gemaklik lê, en dis waar ons kampbeddens soos die ultraligte en duursame model of die enkelkamo-kampbed te pas kom. Daarby het Camp Master 'n opblaasmatras vir elkeen in die gesin.

Ons kampstoele is legendaries: Die Deluxe 300 Highback-stoel (ook beskikbaar in kamo as jy sit-sit wegkruipertjie speel) en die ultraligte regisseurstoel is gewaarborg vir 1 jaar:

Maak saans in die tent of op die etenstafel lig met een van ons LED-ligte. Vat die pad, en geniet dit!

Die Camp Master-reeks is beskikbaar by Game, Makro en Builders Warehouse.

Camp Master

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM