Buitelewe

‘Fanta’ veel strooi…

Jonine Jourbert vertel sy was baie opgewonde om die eerste keer met hulle nuwe woonwa te gaan kamp, maar toe besef sy op die nippertjie die speserybotteltjies wat sy gekoop het, was te klein vir die speseryrakkie.

"Ek het toe 'n 500 ml-koeldrankbotteltjie - waarin jy Fanta of Creme Soda koop - afgesny waar die botteltjie op sy nouste is.

"Toe gebruik ek die prop van 'n 5 l-vrugtesapbottel en plak die boonste helfte van die Fanta-botteltjie wat ek gesny het, met die doppiekant na bo binne-in die prop vas. Toe maak ek 'n paar gaatjies in die Fantabotteltjie se prop vir my speserye.

"Dit werk baie goed. As jy jou houertjies wil hervul, skroef jy net die doppie van die botteltjie af en maak hom weer vol."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM