Buitelewe

Gereed vir enigiets

Jy is lief vir die buitelewe, maar ná 'n harde dag van sleep en kamp opslaan, is jy darem ook nie lus dat dinge op jou staanplek té rof en onbeskof is nie. Dan soek jy 'n bietjie luuksheid! Camp Master, 'n Suid-Afrikaanse handelsmerk, ken die plaaslike toestande soos die palm van hul hand en het die perfekte kamptoerusting vir jou.

Dit maak nie saak of jy al 'n gesoute kampeerder of 'n nuweling is nie, Camp Master het 'n groot reeks noodsaaklike kampeertoerusting waar jy alles kan kry wat jy ooit in die bos of woonwapark nodig sal hê. Of jy nou op soek is na iets om orde te skep in jou kombuistent, 'n koelhouer vir jou versnaperinge by die strand of hengelplek, of net 'n gemaklike stoel wat nie gaan knak as jy om die kampvuur sit nie, Camp Master het iets vir jou.

Al die produkte wat ons hier vertoon het 'n eenjaarwaarborg wat jou gemoedsrus sal gee: Jy koop nie vir een keer se kuier nie, dié toerusting gaan jare hou.

Besoek Camp Master se webtuiste vir meer inligting oor hulle produkte.

Camp Master

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM