Suid-Afrikanershou nou maar eenmaal daarvan om in die buitelug kos te maak en te eet... en disnie altyd noodwendig 'n tjop en 'n stukkie wors op die rooster nie.Min dinge kry meer aftrek as 'n potjie. 'n Mens kan amper sê dis nienet 'n maaltyd nie, maar eerder 'n gebeurtenis.
Maarpotjiekos is net een voorbeeld: daar is 'n legio ander maniere om kos indie buitelug gaar te kry, maar die een gemene deler is gewoonlik'n gietysterproduk.
Pashom mooi op
Die goeie nuus is die meeste hedendaagse produkteisreeds kookgereed - in Engelsnoem hulle dit cured - soos hy opdie winkelrak staan. Dit beteken hy is spesiaal met olie behandel om te keerdat hy roes terwyl hy op die rak vir jou wag. Vir ekstra gemoedsrus kan jy omweer behandel voor jy hom die eerste keer gebruik.
Só behandeljy gietyster
- Was die pot met warm seepwater en spoelhom goed af.
- Verhit die oond tot 180 ºC en sit diepot én deksel daarin sodat hy heeltemal droog kan word.
- Gebruik 'n stuk kombuispapier of skoonlap en vryf die pot binne én buite met kookolie in. As jy die pot of deksel ligen die olie loop vinnig af, het jy te veel olie gebruik.
- Bak die pot en deksel vir 'n uur in dieoond.
- Laat die pot dan afkoel en vee dit weer'n slag met kombuispapier uit. So maklik soos dit.
Nuttige wenke om te verseker jy kan jou pot dekades lankgebruik:
1. Dit is nooit 'ngoeie plan om jou gietysterprodukte in water te week nie. Jy kan die ysterbeskadig en dit laat roes.
2. Maak dit eerderdroog sodra jy gewas het.
3. Gebruik 'nskuurder om die aangebrande plekke skoon te kry en behandel hom weer met oliesoos hiernaas beskryf..















