Ontmoet die gesin

AAA

Dié battery is die klein, maer batterytjies wat meestal in klein elektriese toestelle soos jou tv se afstandbeheer gebruik word.
AA

Dis beter bekend as Penlight-batterye en is die battery wat die meeste gebruik word. Dié batterye lewer 1.5 V waar die herlaaibare AA-batterye 1.2 V lewer.
C

Dié batterye word oor die algemeen in speelgoed en musiekinstrumente gebruik. Dit is effens korter as die Penlight-battery maar heelwat dikker. Dit lewer 1.5 V. Die herlaaibare soort lewer 1.2 V.
D

Die D-battery is die grootste in die D, C, AA en AAA-familie. Dit word meestal in elektriese toestelle soos groot flitse wat baie energie verg gebruik. Hulle lewer ook 1.5 V.
Die verlangse niggies
CR123A

Dié hoë-kapasiteit batterye word meestal in kameras en flitse gebruik. Dit is ongeveer dieselfde grootte as 'n Penlight-battery en lewer 3 tot 3.6 V afhangend van die chemiese samestelling.
LR41

Dié plat, ronde batterytjies wat beter bekend staan as button-batterye word oor die algemeen in horlosies en in klein LED-flitse gebruik. Dit lewer 1.5 V.














