Buitelewe

Ken jy dié truuks?

ARNOLD BOTHA van Stellenbosch het 'n paar jaar gelede aan ons hierdie wenk gestuur: Wanneer 'n mens ná 'n lang rit die eerste keer jou koskas oopmaak, val die meeste van die blikkies op die vloer uit. Hy het op elke rakkie se rand 'n dun stukkie Perspex (40mm hoog en 3mm breed) met gom vasgeplak sodat dit 'n "muurtjie" vir die rak vorm.

Skuur die boonste rand van die plastiek met fyn skuurpapier, want dit kan nogal skerp wees.

Jy kan dieselfde doen met jou badkamer en klerekassies.

Bravo, Brasso!

LEON COETZEE van Pretoria-Noord het ook 'n paar jaar gelede die raad met ons gedeel. As 'n mens lank langs die see kamp, pak die sout aan die tentpale vas, wat roes aanhelp. Maak 'n lappie nat met Brasso-metaalpolitoer en vee die pale daarmee skoon. Dit verwyder nie net die roes nie, maar maak ook die pale mooi blink en keer dat dit die tent vol merke maak. Dit klink na baie moeite, maar dit gaan vinnig nadat jy die eerste paal skoongemaak het.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM