
In Afrika is wegbreek om die buitelewe te geniet so maklik soos 1, 2, 3! Selfs stedelinge bly selde meer as 'n paar uur weg van 'n plek waar jy jou tent kan opslaan in rus en vrede, jou braaivuur kan aansteek en tjop-tjop gehaltetyd met jou vriende kan deel.
Maar net omdat jy in die gramadoelas is, beteken dit nie jy moet swaarkry nie. Om van jou vakansie 'n klassieke een te maak het jy net 'n handvol kamptoerusting-staatmakers nodig.
Wanneer die Afrikason begin byt, moet jy seker maak jou Instant Shade 100-gazebo staan klaar - dan het die kinders speelplek in die skaduwee (en die roomyse sal nie so vinnig smelt nie).
Ja, 'n klip wat in die son warm gebak het, sit vir 'n kort rukkie lekker, maar niks klop daardie gevoel van terugsit in jou gunsteling-kampstoel nie - probeer gerus ons Classic 200 Oversize of die Classic 700 Mega.
Jy het dalk al opgelet hoe netjies 'n koelboks (of dit nou een van 10 liter of 26 liter is) presies op die regte hoogte langs jou elmboog staan sodat jy maklik uit 'n sittende posisie vir jouself 'n drankie daaruit kan opdiep.
Om 'n kampvuur aan te steek as die son sak, is ook kinderspeletjies danksy ons houtskool of brikette. En wanneer dit koud word en jy reg is vir die bed, sal jy tog te dankbaar wees om in een van ons snoesige slaapsakke te kruip wat vir jou lê en wag in ons Camp Dome 300-tent.
Om in die bos te kamp was nog nooit so lekker nie: om met 'n koue drankie in die hand in 'n gemaklike stoel te sit en kyk hoe jou tjoppies op die kole braai.




Die Camp Master-reeks is beskikbaar by Game, Makro en Builders Warehouse.















