Suzaan Kritzinger-Klopper vertel:
Ek en my gesin het Maputo saam met vriende besoek. Ons het drankies by die Catembe Gallery-hotel geniet en gesien hoe 'n paar seuns van die pier afspring. Een seun was veral dapper en het agteroor in die Espírito Santo-riviermonding geduik.















