Buitelewe

Maak jou vering reg vir die langpad

’n Veilige voertuig sal verseker dat jy en jou gesin behoorlik kan ontspan en jul vakansie geniet.
’n Veilige voertuig sal verseker dat jy en jou gesin behoorlik kan ontspan en jul vakansie geniet.

1. Besluit of jou standaardvering voldoendeis

G'n mens wat toer wil sukkel met toerusting watbreek of nie reg werk nie. Maar hoewel mens kan saamleef met sekere teëspoedmet toerusting, gaan jou konvooi feitlik elke keer tot stilstand knars as jouvering breek.

Daar is min goed wat 'n vakansie so erg kan bederf soos onverwagte oponthoude,noodherstelwerk en veral buitensporige uitgawes. En terwyl dit belangrik is omjou hele voertuig na te gaan voor jy vertrek, kan ons nie genoeg benadruk hoebelangrik dit is om jou vering na te gaan nie.

Daar kan verskeie redes wees waarom jy dit kan oorweeg om jou 4x4 se vering opte knap. Veiligheid behoort die belangrikste oorweging te wees.

'n Lang toer beteken jy gaan baie goed nodig hê, en jy moet dit alles saamry.Dit beteken noodwendig dat jy die voertuig gaan pak tot na aan sy BVM-vermoë(maksimum dravermoë). Dan moet die standaardvering feitlik deurlopend na aan symaksimum perk werk.

Vir kort ente behoort jy nie probleme te kry nie, maar jy het rede om ongeruste voel as jy 'n toer na die Serengeti beoog.

Dit is moeiliker om 'n swaargelaaide 4x4 te bestuur wanneer sy agterent in diesand sleep. Swaargelaaide voertuie is ook geneig tot bakrol, wat potensieelgevaarlik kan wees as jy om 'n draai gaan.

Opgeknapte vering sal verseker dat jou 4x4 die vrag gemakliker en veilig bo dieperke van die standaardvering kan dra.

2.Weet hoeveel jy mag laai

Die BVM-gradering van jou voertuig word nie netbepaal deur die vrag wat die vering kan dra nie. Die hele aandrywingstelsel(enjin, ratkas, asse, wiele en bande, remme, ens.) is ontwerp om 'n sekere vragte dra en hanteer. Met opgeknapte vering kan jou voertuig wel 'n swaarder vrag dra, maar as jy dieBVM-gradering van die voertuig oorskry, kan dit ernstige gevolge inhou vir dieres van jou voertuig se onderdele én vir die veiligheid van die insittendes.

3. Begin betyds met jou voorbereidings

Dikwels wag mense tot die laaste paar dae voor die toer voordat hulle hulvoertuig nagaan.

As onderdele op 'n lang toer ingee, is dit dikwels eerder tewyte aan swak vakmanskap - of dat die vering nie reg ingesit is nie - as aanswak onderdele.

'n Belangrike deel van die beplanning van jou toer is om jouvoertuig betyds voor te berei.As jy jou vering 'n hele ruk voor jy vertrek, opknap, kan jy seker wees dat elkeonderdeel reg werk en dat alles reg ingesit is.

Dit is selfs 'n goeie plan omjou voertuig vooraf met alles wat jy wil saamvat te laai - net om seker te weesalles is reg en dat jy en jou voertuig oorgehaal gaan wees wanneer die grootdag aanbreek.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM