Buitelewe

’n Koel Ventertjie

’n Koel Ventertjie’n Mens sukkel altyd op warm dae in die kampterrein om jou bevrore kos koel te hou, maar in die ry is dit ewe moeilik om jou kos en ander smeltbare bagasie koel te hou. My vrou het toe met dié slim plan vorendag gekom om ons waentjie in ’n enorme koelboks te omskep.Ons het dit reggekry deur silwer isolasiemateriaal, die soort wat jy in jou plafon plak, aan die binnekant van die waentjie se deksel te plak. Dit maak ’n groot verskil aan die temperatuur in die waentjie. Met ’n onlangse toer deur die Krugerwildtuin het ons gevind dit werk uitstekend om kos van die blouapies en bobbejane weg te sluit.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM