Dié twee is albei oorspronklik van die Kalahari en dis waarheenhulle harte terugverlang wanneer hulle vakansies beplan. Hulle toer lekker in hulleLand Cruiser 76-stasiewa.
"Ons het met beeste en wild geboer, en ek was ook'n professionele jagter wat ander jagters na Namibië en Botswana geneem het,"vertel Boet.
Noudat hulle afgetree het, het hulle weer tyd om tedoen waarvoor hulle die liefste is: om te toer en verafgeleë plekke te besoek."Ons gaan waar gewone mense nie graag kom nie. Hoe woester en wilder, hoebeter!" vertel Boet. "Daai plekke waar jy die oggend, wanneer jy met die leerafklim om koffie te maak, eers die leeu- en hiënaspore moet doodvee wat deurdie nag om jou voertuig gesnuffel het vir oorskietbene."
Boet-hulle se eerste toervoertuig was 'n ou1989-Hilux 2.8 4x4. "Daarna kry ons toe ons eerste Land Cruiser76-4.2-stasiewa. Dit was 'n ongelooflike voertuig, maar in die Namib se hoëduine het sy asem opgeraak voor hy bo kon uitkom. Toe gradeer ons op na dielangverwagte V8-turbodiesel 76-stasiewa," verduidelik Boet. "Dis ongetwyfelddie beste 4x4-ekspedisievoertuig vir Afrika en niemand sal eers met jou strynie!"

Waar en wanneer hetjy die voertuig gekoop en wat het dit gekos?
Ons het dit in Februarie 2014 gekoop en R600 000 betaal.
Wat is jougunsteling-bestemmings?
Suid-Afrika, Namibië,Botswana, Zimbabwe en Angola. Eintlik enige plek wat ver en wild is. Maar onsheel lekkerste kampplekke is Halali in Etosha en Mabuasehube in Botswana.
Hoekom het jy 'nCruiser gekies?
Gaan kyk in die ergewoestyne en mees afgeleë plekke - watter voertuie sien jy daar? Land Cruisers.En hulle sê mos jy kan 'n Cruiser aan die gang hou met tang en 'n stukdraad!
Vertel ons van die aanpassingsop jou voertuig?
Ek het 'n dakrak ontwerpwat vorentoe op 20 rollaers uittrek en dan op die bosbreker gestut word. Myselfgeboude 80 liter-staaltenk vir stortwater is heel voor op die dakrak en dieBundu Top-daktent sak reg agter die watertenk in.
Albei sit ewe hoog en diewatertenk is met 'n ronding na agter gebou sodat dit minder windweerstand bied.
Die daktent kan vorentoeskuif sodat dit 'n "stoep" van 2 meter op die dak los waar twee stoele en 'ntafel kan inpas.
Die dakstoep is nodig omdatons gereeld by plekke soos Moremi, Savuti en Mabua kamp waar jy voor sononderreeds drie meter bo die grond moet wees, anders vreet die leeus en hiënas jou!
Verder verskaf die stoepvir jou 'n veilige aantrekplek, en die perfekte plek om van bo af die mooistesonsondergange by Mabuasehube se pan te verfilm.

Hoe lank het dit gevat om dieaanpassings te maak?
Langer as twee jaar. Onshet die modifikasies stuk vir stuk laat doen namate ons geld bymekaar kon maak.Na elke toer het ons dinge aangepas na aanleiding van die lesse wat ons geleerhet.
Watter aanpassing is jougunsteling?
Seker die Power Flex 160watt-sonpaneel wat jy kan afrol oor jou Bundu Top se dak. Dit gee genoeg kragvir 'n 800 W-omsetter wat aan my batterystelsel gekoppel is. My yskas, ligte enselfs TV sou kon werk om sport in Mabua te kyk!
Is daar enigiets wat spesifiekvir jou behoeftes op die lang pad gemaak is?
Ja, die elektriese wenaswat binne-in die Bundu Top se dak sit. Met die druk van 'n knoppie kan ek binne3 sekondes my daktent ten volle opslaan.
En dis lekker dat al joubeddegoed, pilletjies, Bybel en alles net so daar bly as jy hom weer toemaak.
Hoe reageer mense as hulle jouCruiser sien?
Almal vergaap hulle aan diespoed waarmee die daktent binne 3 sekondes oopvou.
Hierdie artikel het oorspronklik in Wegry # 91 (Maart 2017) verskyn. Onsprobeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het -laat weet gerus asjy so iets raaksien.















