Buitelewe

Pretsoeker!

Ons het op 'n slag by die Vishoek-woonwapark op 'n unieke woonwaentjie afgekom. Tom Adams en Greg Petersen van Retreat in Kaapstad vertel meer oor hulle kamphuis.

"Ons het die Fun Seeker-woonwaentjie by 'n vriend, Gavin Williams van Grassy Park in Kaapstad, gehuur. Gavin het die woonwaentjie se dop self gebou deur 'n kappie op 'n leë sleepwa te sit.

Al is die woonwa nie vreeslik groot nie, is hy toegerus met al die noodsaaklike dinge om gerieflik te kamp. Daar's twee enkelbeddens, 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, TV, DVD-speler én 'n motorradio met 'n USB-prop!

Die Fun Seeker voldoen aan al ons vereistes en dis regtig 'n plesier om in hom te kamp. Die lekkerste van alles is dat jy glad nie nodig het om 'n tent saam te bring nie. Die Fun Seeker is ook nie baie swaar nie - jy kan hom met amper enige motor sleep."

Het jy iewers 'n rare sleepsel gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons 'n foto na digitaal@weg.co.za.

Adnaan Mohamed

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM