Buitelewe

Skuif jou wa

Skets: Dominic Wienand
Skets: Dominic Wienand (Liana Mocke)

Gesels met 'n sleeper wat 'n skuiwer in sy wa het en hy sal jou vinnigvertel hoeveel makliker die lewe daarmee is.

Jy kan kies uit verskeie soorte woonwaskuiwers, soos dié wat aan jou wa se as gekoppel word. Ditbestaan uit 'n raam wat aan die onderstel geheg word met 'n 12 V- elektriese motoren 'n roller by elke wiel. Die krag word deur die wa se battery verskaf (jymoet gewoonlik een installeer as jou wa nie reeds een het nie) en die rollersdruk teen die wiele en beweeg die wa. Jy beheer die hele spul met 'nafstandbeheer.

Die ander gewilde soort is die "stootkarretjie"-tipe waar jy jou wa opdie skuiwer haak. Jy staan voor die wa en jou skuiwer het genoeg skop om homvorentoe, agtertoe en heen-en-weer te skuif.

As jy dit oorweeg om 'n woonwaskuiwer aan te skaf, is daar 'n klomp goed watjy in gedagte moet hou.

Dit sluit natuurlik die prys, waarborg, naverkopediens en diebeskikbaarheid van onderdele in.

Maar jy moet ook vasstel hoeveel die eenheid weeg (want jy gaan dietarragewig moet aanpas), hoe gebruikersvriendelik hy is en hoeveel laer hy jouwa gaan maak as die motor op die onderstel aangebring word.

Verder moet jy ook in ag neem of jou wa se battery (indien hy een het)genoeg woema vir die skuiwer gaan hê en, natuurlik, of die skuiwer 'n rat- ofkettingstelsel gebruik en sterk genoeg is.

Doen jou huiswerk en maak seker jy kry die een wat die beste by joubehoeftes pas.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM