Meer as die helfte van ons reiswas in 'n Toyota Land Cruiser deur Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe,Zambië, Malawi en Tanzanië.
Ons voertuig het 'n kluis onder die sentrale konsole gehad. Dit was 'nfantastiese wegsteekplek, want jy kon glad nie sien dis daar nie. Ons het al ons dokumente in dié kluis gestoor.
Ons het egter nie al ons eiersin een mandjie gedra nie. Ekhet 'n geldbelt, wat nes 'n gewone leerbelt lyk, aan my gedra met al onskontant daarin. Ons het ook altyd 'n deel kontant in ons beursies gehou.
Verder het ons sowat vierbankkaarte gehad, maar het hulle altyd in aparte plekke gestoor - die kluis, beursiesen tussen bagasie weggesteek.
Die Cruiser se spaarsleutel wasin 'n magnetiese boks onder 'n rak agterin die aluminiumkap weggesteek.
'n Gesin van vyf reis ook met 'n aardige hoeveelheid elektronika, vanselfone tot skootrekenaars en 'n hele paar tablet-rekenaars en kameras. Diésoort goed word maklik gesteel, daarom het Mauro-hulle streng reëls gehad rondomelektroniese toerusting: Die meeste elektronika was tegroot vir die kluis, dus het ons dit in 'n boks onder die Cruiser se kappie toegesluit. Die boks moes altyd op 'nmaklik bereikbare plek toegesluit wees sodat ons dit kon uithaal as ons vir dieaand in 'n chalet slaap. En ons het nóóit ons duur SLR-kamera in die voertuiggelos nie.
Al was die kanse skraal dat onsdokumente uit die kluis gesteel kon word, het ons ook papierafskrifte van allesin die kluis gehad.
Verder het ek al ons dokumentegeskandeer en op die internet gebêre. Ek het Google Drive gebruik,maar iets soos Dropbox sal ook werk. Behalwe die gewone goedsoos paspoorte, voertuigpapiere, visums en akkommodasie het ons hoë-kwaliteitpaspoortfoto's gebêre. Ons sou foto's vir nuwe paspoort daarmee kon druk indiennodig.
Die visums en besprekings wat ons tydens die toer gekry het, het ek enmy vrou, Edwina, met selfone afgeneem. Ons fonewas dan só gestel dat alle nuwe foto's outomaties na Google Drive souoplaai wanneer ons in 'n WiFi-omgewing was.
Nie almal sien dit as waardevolleitems nie, maar ek sal eerder van my geld beroof word as om al ons reisfoto'ste verloor. Want dit kry'n mens nóóit terug nie en daarom het ek ekstra geheue op Google Drive gekoopen 'n skootrekenaar sowel as 'n draagbare hardeskyf saamgeneem om gereeld 'nrugsteunkopie van alle reisfoto's en -video's te maak.
Ons het 'n ‘grypdiefbeursie' indie voertuig gehou, met kredietkaarte wat al verval het en 'n bietjie kontant.Ek sou dit by my dra of êrens in die voertuig los, waar ek dit sou kon aanbiedas 'n boef daarop aandring. Ons het dit nooit nodig gehad nie, maar dis goed omte hê.















