Buitelewe

Stoor jou battery só op toer

Daar is min dinge so irriterendop toer as batterye wat êrens in die kar of 'n ammoboks lê en rondrol. Die Ry& Sleep-leser John Bacon het 'n paar jaar gelede hierdie oplossing gestuur.

Dit was altyd 'n probleem om 'nplek te kry om ekstra batterye te bêre as ek vir 'n naweek weggaan. Dit hetdikwels in 'n kantsak rondgerol saam met my sokkies en onderklere.

As ek later die batterye omgeruil het, was dit nie altyd duidelik watter pap enwatter nog gelaai is nie.

Ek het gesien batterye pas goed in 'n plastiekpilhouertjie - hou die rondesponsie onderin die houer en sit nog 'n sponsie tussen die batterye. Diespulletjie sit nou lekker stewig.

Ek bêre die pap batterye met hulle negatiewe pool na bo. Verder merk ek diehouers met batterye met 'n groot B.

Nou weet ek watter batterye het nog skop en ek drink nie per ongeluk een virhoofpyn nie...

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM