Buitelewe

Vervaardigers kom op dreef

Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020

Alle werknemers wat nie fisiek by die aanleg hoef te wees nie, werk egter waar moontlik steeds van die huis af.

Werkers op die aanlegvloer móét te alle tye 'n masker dra, en 20 t handreiniger is aangeskaf sodat werknemers hulle hande kan ontsmet.

Nissan se Rosslyn-aanleg het sy deure op 1 Junie heropen, maar het kort vóór daardie datum die Gautengse premier, David Makhura, en sy afvaardiging ontvang om Nissan se veiligheidsmaatreëls rakende die virus aan die premier te verduidelik. "Ons is geweldig bly om alle Covid-19-inspeksies te slaag en ons sien uit om ons werknemers terug te verwelkom" het Mike Whitfield, voorsitter van Nissan Afrika, by die geleentheid gesê.

Toyota het versigtig tot die mark toegetree deur sy arbeidsmag tot net onder 50% te verlaag toe vlak 4 van die inperking in werking getree het. Die maatskappy laat sy werknemers nou stadig terugkeer en elkeen word ondersoek vir enige tekens van Covid-19.

Teen druktyd was Toyota se mikpunt om produksie by sy Prospecton-aanleg in Durban tot 75% op te stoot. "Ons leer uit die geskiedenis dat krisisse soos dié die wêreld onherroeplik verander. Sake gaan nooit weer dieselfde wees nie, maar ons sal daarby aanpas" sê Andrew Kirby, grootbaas van Toyota Suid-Afrika.

Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in opons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte eninligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks.

Volgons op die YouTube-kanaal WegTV (kykons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM