Kies ongebaande weë met die Nikon D7200. Die 24,2 megaspikkel-sensor vang ongelooflike detail vas, selfs in swak lig, en jy kan volle-HD-video neem met die druk van 'n knoppie. Dit het ook ingeboude Wi-Fi; dus kan jy jou herinneringe dadelik deel. En dis taai genoeg gebou om enige avontuur te oorleef - maak nie saak waarheen die pad jou vat nie!
Ons vat jou met hierdie kompetisie op 'n visuele reis na ikoniese bestemmings. Al wat jy moet doen, is om te raai waar elke foto geneem is en jou antwoord te SMS - maklik! Raai reg en jy kan 'n Nikon D7200 wen!

Waar in Suider-Afrika is hierdie foto geneem? Skryf só in:
SMS jou naam en e-posadres saam met jou antwoord na 35981. SMS'e kos R1,50. Gratis SMS'e is nie van toepassing nie. Bepalings en voorwaardes geld.
Jy kan dié foto neem!
Foto's van mense blaas altyd lewe in 'n reisalbum. Maar moenie net by die motorvenster uithang en blindelings foto's neem nie. Gesels met jou modelle, verduidelik wat jy gaan doen en probeer hulle sover kry om te ontspan.
Kies die "Continuous shooting"-modus en neem baie foto's - dis dikwels die onbewaakte oomblikke wanneer daar nie geposeer word nie, wat die natuurlikste lyk. Nog 'n truuk is om 'n wye lensopening soos f3.5 te gebruik: Jou modelle sal skerp wees, maar die agtergrond sal effens dowwer wees en dus nie die aandag aflei nie.
Nikon-wenke:
• Gebruik 'n vinnige sluiterspoed om enige beweging te laat stol en die moontlikheid dat die kamera sal skud te verminder.
• Fokus op jou modelle en gebruik 'n wye lensopening om 'n agtergrond wat die aandag aftrek, dowwer te maak. Of gebruik 'n klein lensopening soos f.11 om seker te maak die agtergrond is skerp as dit belangrik is.
• Die D7200 kan helder foto's in swak lig neem - moet dus nie bang wees om jou ISO op te stoot tot by 3 200 of hoër nie, veral as jy met 'n vinnige sluiterspoed en 'n klein lensopening skiet.
• Kies "Continuous shooting"-modus en neem báie foto's. In 'n groepfoto is daar altyd die kans dat iemand se oë toe gaan wees!
Vir meer inligting oor Nikon-produkte, besoek hulle webtuiste.













