Verander die voorkoms van jou leefruimte met ’n neutrale stoel, ’n groterige sytafel (dit was eers ’n ou kantoortafeltjie) of ’n glasvaas - of gebruik sommer al drie.
Klassiek modern
Maak die vertrek lig en modern deur ’n swart-en-wit vloer of mat te kies. Verf die tafeltjie swart, rangskik fynbos in die vaas en gebruik kussings met ’n moderne patroon soos kolle en strepe.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/voorkoms1.jpg FOTO Ryno
Gebruik dit as lessenaar
As jou sytafel groot genoeg is, rig dit in as ’n klein werktafel in jou sitkamer en installeer ’n rakkie daarbo.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/voorkoms2.jpg FOTO Ryno
Aardse voorkoms
As jy hou van ’n meer aardse voorkoms, trek vir die tafel ’n “rok” aan: gooi ’n tafeldoek wat tot op die vloer hang daaroor. Dis ook lekker stoorplek vir onooglike los goed. Hou by die kleurskema van die stoel, maar bring nog ’n kalm kleur in soos die rookblou muur (soortgelyke kleur is Winter Teal 4 van Dulux). En die vaas is nou uitstalhouer vir mooi skulpe.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/voorkoms3.jpg FOTO Ryno
Romanties
Verf die mure ligte blougroen (Dulux se Sea Urchin 5). Kiese ’n groot geblomde kussing (en gordyne) en rangskik kleurryke blomme in die vaas. En vir pret, knip ’n swerm swaeltjies uit dun karton en plak met wondergom teen jou muur vas.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/voorkoms4.jpg FOTO Ryno
Maak meer van jou blompot
Plaas dit op ’n perspeksstaander om dit ’n swewende voorkoms te gee. Maak jou eie kuns deur ’n mooi stuk lap te raam.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/voorkoms5.jpg FOTO Ryno













