Huis + tuin

Drie kleure blou

(Ed O'Riley)

Dié klein sitkamer is die ene stadsofistikasie met sy verskillende skakerings van blou. Camilla Fraser, die binneversierder, het inspirasie uit die kus-omgewing geput en ’n buitengewoon helder plekkie-by-die-see geskep – allesbehalwe Cape Cod!

Die hele woonstel is afgerond met witgekalkte breë eikehoutvloerplanke, naaswit mure en wit tong- en-groefplafonne. So ’n eenvoudige blou-en-wit kleurskema hou die luim vars, terwyl onverwagse spatsels geel vir sonnige aksente sorg.

(Ed O'Riley)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/9ff013265cb8424897f6144e09ed3595.jpg

(Ed O'Riley)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/6aa7b8dd40a34901b6c2b5c1f469c8d8.jpg

Ingevoerde Vivienne Westwood Squiggle-mat van The Rug Company. Beesvel (vanaf R3000) van Woodhead’s. Kas geverf met Elle’s Eyes van Plascon. Rusbank in Vienna Smokey Blue uit die Villa Nova Velvet-versameling (R950/m), leunstoel in Slubby Linen (R510/m) en geel Ikat-kussings deur Christopher Farr, oorgetrek met Belfour (R1685/m), van St Leger & Viney. Blou kussings, oorgetrek met Rubelli Rioba-linne in die kleure Aqua en Teal (R1556/m), van Mavromac. Wit keramiekstoeltjie (R1790) van Cecile & Boyds. Kelly-staanlamp (R2980) en roomkleurige lampkap (R575) van Pezula Interiors.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM