Huis + tuin

Fyn kosyn

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

Inkopielys

• dennehoutprofiele, vloerlyste en afrondingsdetail

• Pattex No More Nails

• Akrielseëlaar

• Dulux Supergripveeldoelige onderlaag of Plascon Multi-Surface Primer

• Plascon Velvaglo

Gereedskap

• maatband en potlood

• skroewedraaier

• verfkwas

• sponsroller

• versteksaag of handsaag en verstekbak

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/fyn-kosyn/attachment/tuishome-695/

So maak jy

1 Meet die deurkosyn en saag die dennehoutprofiele in die regte lengtes, met 45 º-hoeke aan die een ent. Plak hulle aan die buitekant van die deurkosyn teen die muur vas met Pattex No More Nails. Nota Dié profiele raak gewoonlik geleidelik dunner na een kant; maak seker jy saag die hoeke so dat die korrekte kant van die profiel reg teen die kosyn sal pas en die raam en kosyn saam soos een deurraam sal lyk.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/fyn-kosyn/attachment/tuishome-690/

2 Gebruik dieselfde kleefmiddel om die afrondingsdetail op die bestaande deur te plak vir ’n paneeldeur-voorkoms. Anders kan jy eenvoudig die deur vervang met een wat ’n bietjie meer detail, soos ingelate dele of selfs ’n greinafwerking, het.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/fyn-kosyn/attachment/tuishome-691/

3 Vul die effense opening tussen die staalkosyn en die nuwe profiele met akrielseëlaar. Wanneer die seëlaar droog is, wend ’n onderlaag daaroor aan en rond die nuwe raamwerk daarna af met minstens twee lae Plascon Velvaglo.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/fyn-kosyn/attachment/tuishome-692/

4 Vervang ou deurhandvatsels om die nuwe voorkoms te voltooi.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/fyn-kosyn/attachment/tuishome-693/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM