Hebe ‘Marilyn Monroe’ is ’n lieflike toevoeging tot die Hollywood-reeks. Dit het elegante silwergrys blare met delikate purperrooi punte, en spog met bekoorlike skelpienk blomme in die laatsomer en herfs. Dis pragtig in potte of wanneer dit in groepe in die tuin geplant word. Dié plant verkies volson en grond wat goed dreineer. Snoei en bemes dit een maal per jaar om die digte groeiwyse te behou.

http://tuis.co.za/tuindagboek/n-ware-ster/attachment/hebe-marilyn-monroe-marilyn-monroe-pbr-2/













