Huis + tuin

Ons beker loop oor

’n Leser het dié beker vyf jaar terug as trougeskenk gekry, maar het geen idee wat dit is of waarvoor dit gebruik word nie.

Karen Randle van Stephan Welz & Co. vertel: Dis ’n Kiddush-wynfontein wat tradisioneel op die Sabbat en Joodse vakansiedae gebruik word. ’n Mens skink die wyn in die groot beker bo, en die wyn vloei dan na die agt kleiner bekers daaronder. Dié moderne fontein (circa 2000) van wit metaal is waarskynlik nie soveel werd soos die tradisionele fonteine van sterling- of geëlektroplateerde silwer nie – sowat R500.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM