Huis + tuin

Ontwerp-elemente

: doeltreffende ontwerp...

Doeltreffende isolasie en meganiese stelsels; en doeltreffende tegnologie.

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/9e073b8311ab4cefb6413448aeb3b8ba.jpg

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/ec0608c7178b4f5b9e4eacdfc481e6e6.jpg

• ’n Huis moet net die regte grootte wees vir die inwoners se behoeftes. Groter huise benodig meer boumateriaal en verbruik meer energie.

• Verklein jou koolstofspoor deur byvoorbeeld die kleinste moontlike fondasie te lê, en deur te verseker dat die bouproses die omgewing so min moontlik ontwrig (behou die bogrond en beperk besoedelde afval wat in die grond insypel).

• ’n Goeie passiewe ontwerp verseker dat net genoeg sonlig die vertrekke binnekom dat die omliggende termiese massa (hoofsaaklik boumateriaal) die energie kan absorbeer en snags weer in die vorm van hitte kan vrystel. Verhit die meer soliede struktuurelemente soos vloere en mure sodat dié oppervlakke weer die omliggende ruimtes kan verhit (nie andersom nie).

• Die oriëntasie van die huis se hoofas moet omtrent 15 grade oos van noord wees om passiewe verhitting in die winter te verseker.

• Vensters moet só geposisioneer word dat dit die sonstrale en natuurlike lig maksimaal kan benut: Installeer groter vensters in areas wat minder son kry, en andersom. Vir optimale termiese benutting van die son moet die oppervlak van die vensters wat noord wys omtrent 19% die grootte van die vloeroppervlak wees.

• Kies dubbele of lae-uitstralingglas wat hitte en skadelike ultravioletstrale weerkaats. Dubbelglasvensters vang die hitte in ’n vertrek vas en keer dat dit ontsnap. Vermy staal- en PVC- vensterrame – oorweeg eerder plaaslik vervaardigde hout- of geïsoleerde aluminiumrame.

• Pergolas en dakrande wat ver oorsteek help om die son van die mure af te keer en sodoende die huis in die somer natuurlik koel te hou. Hoekvensters of horisontale vensters op vloervlak benut die ligweerkaatsing op oppervlakke wat loodreg met die vensters is, die beste.

• Beton vang hitte goed vas en stel dit weer stadig in ’n ruimte vry. Betonvloere wat met behulp van vakuumbuise of songeisers verhit word, sal die beton stadig warmer laat word tot die hele struktuur ’n termiese massa vorm.

• Isoleer vloere, mure en plafonruimtes. Geïsoleerde mure kan jou verhittingskoste met tot 30% verminder en dis ideaal vir klankbeheer. Bou spoumure met isolasie óf mure wat dubbel die normale dikte is, aan die warm kant van die huis.

• ’n Outomatiese beheerstelsel kan al die ligte, blindings, termostate en ander elektroniese apparate in een gebruikersvriendelike stelsel kombineer. Gemotoriseerde blindings sal outomaties toemaak om vertrekke koel te hou, en met natuurlike ventilasie is lugversorging nie nodig nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/0b92b7c020b643b9bdb772fc71305a8e.jpg

(FRANCOIS OBERHOLSTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6152/45c30d32f44a494d95b3e8b2d335b0fd.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM