Die eienaar van dié skerm vermoed dis van druiwehout gemaak en wil graag meer weet oor die stuk.

Jo-Marie Rabe van Piér Rabe Antiques antwoord: Die skerm (heel moontlik van mangohout) kom uit Indië en is tipies van die styl van die eeue oue Jali-skerms met hul fyn geometriese kerfwerk in hoofsaaklik blompatrone, wat deel van die Indiese argitektuur uitgemaak het. Jali-skerms het om twee redes ontwikkel: om privaatheid te gee en terselfdertyd vrye lugvloei te verseker. Die gekerfde Jali-panele is gevolglik as vensters, sowel as binnenshuis as kamerverdelers, gebruik. Die skerms word vandag nog in Indië gemaak en na die res van die wêreld uitgevoer.
OUDERDOM Nie ouer as 20 jaar nie (daar is geen waarneembare patina nie)
WAARDE
Waarskynlik R3 000 nuut













