Huis + tuin

Prost!

Santie Brits van die Tuinroete skryf Dié “beker” het aan my pa behoort; hy sê sy oupa het dit huis toe gebring ná die Rebellie.

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. sekeramiekafdeling antwoord: Dié bierbeker kry sy oorsprong indirek van die builepes of die Swart Dood waaraan meer as 25 miljoen mense tussen 1340 en 1380 in Europa gesterf het. Toe groot swerms vlieë dus in die laat 1400’s op Sentraal- Europa toesak, het die owerhede – wat bang was die pes keer terug – wette gemaak dat alle kos- en drankhouers (insluitend bekers) bedek moet word om die verspreiding van die siekte te stuit. Spoedig het alle bierbekers deksels met ’n skarnier gehad wat met die duim opgelig kon word – ’n vindingryke uitvindsel omdat jy dit met een hand kan doen. In daardie tyd het welgesteldes bierbekers van silwer, piouter, glas en selfs ivoor gehad, terwyl die werkersklas tevrede moes wees met hout- of erdebekers, wat nie higiënies óf prakties was nie. Die ontdekking van klei waarmee steenware gemaak is, het alles verander. Bierbekers was nou nie net duursamer en meer higiënies nie, maar hulle kon ook versier word – en kort voor lank is hulle met skilde en historiese, allegoriese en Bybeltonele afgerond. Die styl en versiering van dié gedenkbeker dui aan dat dit tussen 1900 en 1910 vervaardig is toe neoklassieke ontwerpe en motiewe vervang is deur stadstonele, beroepsembleme en algemene sosiale tonele. Gedenkware, veral vir militêre diens, was ook baie gewild en om in die vraag te voorsien het talle pottebakkers die mark betree met steen- of geglasuurde erdebekers. Daar is vandag ’n beperkte mark hiervoor.

OUDERDOM Circa 1900 en 1910 WAARDE R1 000–R2 000

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM