
https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6136/01688629380248cc9e7b2f69d6e9af65.jpg
• Maak jou rose minstens twee keer per week goed nat; vermeerder dit tot drie keer per week in baie warm, droë weer.
• Strooi deklae rondom jou rose om die wortels koel te hou.
• Bemes jou rose aan die einde van die maand wanneer dit koeler is; gebruik Vigorosa of ’n ander roosmisstof en maak die plante dan goed nat.
• As dit reën, spuit jou rose met Chronos of Rose Protector om swartvlek te voorkom; meng dit met Ludwig’s Insect Spray om peste en rooispinnekopmyt in toom te hou.
• Verwyder gereeld dooie blomme om die ontwikkeling van nuwe stamme aan toe moedig.













