Huis + tuin

Sit-sit-sít so!

(Francois Oberholster)

Ou stoele, ’n leksel verf en ’n paar verslete denimbroeke klink miskien soos die lappop se maters van die ashoop, maar kyk hulle nou!

(Francois Oberholster)

Wat jy nodig het

• skuurpapier

• suikerseep

• skroewe en skroewedraaier

• verf van jou keuse

• houtbord wat oor al drie stoele pas

• spons, in die verlangde grootte gesny

• lym

• krampistool

Stap: 1 Haal al die stoffering en spons van die stoele af.

Stap: 2 Skuur die stoele liggies en was hulle met ’n suikerseepoplossing.

Stap: 3 Wend twee lae verf aan; laat elke laag goed droog word.

Stap: 4 Skuur daarna die rande van die stoele en enige detail liggies om dit ’n verweerde voorkoms te gee.

Stap: 5 Sit die stoele langs mekaar neer en skroef die pote bo en onder aanmekaar vas.

Stap: 6 Meet die volle sitarea en saag die houtbord in die verlangde grootte.

Stap: 7 Sny die spons in dieselfde grootte as die houtbord en lym dit daarop vas.

Stap: 8 Trek die sitplek oor: Drapeer die lap oor die spons en skiet dit met ’n krampistool aan die onderkant van die houtbord vas.

Stap: 9 Skroef die oorgetrekte sitplek van onder af aan die stoele vas.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM