Huis + tuin

Spog met jou JoJo!

j
j

Hoekom juis 'n JoJo-tenk?

Disveilig JoJo-tenks word gemaak vanlineêre laedigtheid-poliëtileen (LLDPE) met 'n voedselgradering. Die materiaalis herwinbaar, UV- en roesbestand en bevat geen bisfenol-A (BPA) nie.

Minonderhoud 'n Ekstra swart voering keer datalge binne-in groei, wat veral belangrik is indien jy die water wil drink en deurjou hele huis wil gebruik.

Duursaamheid JoJo-tenks se ribbe is strategies geplaas; vir ekstra sterkte isdié aan die bo- en onderkant nader aan mekaar. Die wand is ook dikker by dieonderkant van die tenk, waar waterdruk op sy hoogste is. Die tenks het geenvertikale lasse of swak plekke in die onderskeie lae nie, maar laat uitsettingen inkrimping toe in warm of koue weersomstandighede.

VoorkomsJoJo-tenks is in verskeie kleure te kry. Diekleurpigmente spog met besonderse ligvastheid en is waterwerend, sodat dit virlang tye buite gebruik kan word sonder dat dit verbleik.Oorweeg die volgende faktorewanneer jy 'n JoJo-tenk kies ...

Spasie

Dit is die belangrikste faktor. JoJo-tenks kom in vyf verskillende profiele;jou keuse sal afhang van jou beskikbare ruimte, waarvoor jy dit wil gebruik,asook persoonlike voorkeure:

Vertikaal:In groot tuine waar ruimte nie 'n kwessie is nie, ishierdie tenks - te kry in verskeie groottes tot 20 000 liter - ideaal.

Slimline:Dié tenks is nuttig in klein tuine en binnehowe; groottes wissel van 750 litertot 2500 liter.

Laeprofiel en horisontaal: In ruimtes waar hoogte beperk is, byvoorbeeld onder 'ndek, is hierdie tenks 'n goeie keuse.

Ondergronds:Indien jy te min vloerspasie het, installeer 'n ondergrondse tenk. Die tenkshet 'n uiters sterk dop wat ontwerp is om die druk onder die grond te weerstaan,selfs wanneer dit leeg is.

Kapasiteit

Identifiseer waarom jy 'n JoJo-tenk wil hê en kiesdan 'n tenk met die mees geskikte inhoudsmaat vir die doel:Benuttingvan reënwater Die gemiddelde reënval in joustreek, dakgrootte en waterverbruik sal jou keuse bepaal. In gebiede met hoëreënval is 'n kleiner tenk voldoende, maar waar reën tot meestal een seisoenbeperk is, is dit belangrik om 'n groot genoeg tenk te kies wat jou deur diedroë maande sal dra.Asrugsteun vir munisipale water Indien die watertoevoerin jou buurt onbetroubaar is, vul jou tenk met munisipale water wanneer dit welbeskikbaar is - hoeveel jy nodig het, hang af van hoe dikwels die toevoeronderbreek word en vir hoeveel mense in jou huishouding jy voorsiening moetmaak. Die gemiddelde verbruik in Suid-Afrika is 150 liter per persoon per dag.Geïntegreerdestelsel Vir dié benadering moet jy genoegkapasiteit hê om reënwater en munisipale water op te gaar as reserwe. Hierdiestelsel is die beste opsie vir ononderbroke watertoevoer, maar dan moet jyvoorsiening maak vir die maksimum waterveilige stoorkapasiteit; kies joutenkgrootte daarvolgens.

Kleur

Met nege kleure om uitte kies, sal jy vir seker 'n tenk kry wat by jou styl pas:

Aardseskakerings: Kies natuurlike kleure soos Wintergrass, Khaki Brown, Bushveld of Sandstonevir 'n meer natuurlike tuin.

Gryse:Dié skakerings is in die kol vir enige kontemporêre ruimte. Voer dieontwerp deur met 'n tenk wat by die kleur van jou dak pas.

Helderkleure: Maak 'n sterk stelling met Royal Blue, Red of die immergewilde JoJoGreen!

Besoek www.jojo.co.za vir nog inligting oor ons reeksen verspreiders landwyd.

PROMOSIE

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM