Huis + tuin

WINKELS TOE | Dekor-dinge!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
wat is nuut
wat is nuut

Wil jy ons van iets nuuts vertel? E-pos johane.neilson@tuis.co.za.

1. Muurkuns (stel van 2)R199,99, pepstores.com

2. Styl uit 'n boks. PnP Home (pnphome.co.za) bied opwindende kopies, onder meer DAY- plat verpakte en patiomeubels; dis wel in Denemarke ontwerp, maar te koop teen sakpas plaaslike pryse. PnP Home is gerig op huis- en kombuisware, asook groot en klein toestelle. Die groot verskeidenheid items en uitgesoekte reekse, wat eksklusiewe aanlyn produkte en promosies insluit, sal jou verras. Gaan kyk gerus!

3. Marbo Flakes Polished Glazed Porcelain Tile (600 x 1200mm) vanaf R490/m2 , italtile.co.za

4. Ons hou van die treffende rugkant van die nuwe Charlie-eetstoel (op die foto in Chocolate; 850mm H x 480mm D x 480mm B; R7750, houthakker.store).

5. Draagbare en herlaaibare Haus Republik Selene- lamp (op die foto in Clay Pink; 20cm D x 34,5cm H) R999, yuppiechef.com

6. Wegbreekkans. Verken unieke plekke, grootse argitektuur en die mooiste interieurs in die derde uitgawe van Perfect Hideaways in South Africa (R650, perfecthideaways.co.za).

7. Gesien by kamers! Sianotipe, oftewel bloudruk, is 'n alternatiewe fotografie-proses waartydens 'n kontakafdruk gemaak word deur UV-reaktiewe chemikalieë (ystersoute) aan die son bloot te stel om 'n pruisiesblou kleur te skep. Ekodruk, op sy beurt, is die proses waarmee die kleure en vorms van blare en ander plantmateriaal op papier of lap oorgedra word.

Die fotograaf Lindy Kriek kombineer kunswerke wat sy met albei dié metodes geskep het in collages wat dan digitaal op linne gedruk word as tekstielkuns vir jou tafel, muur of bed. Sien lindykriek.co.za. Queen of the Night-trafelloper R2300

8. Kom sit aanTafel-en-bankiestel (150cm L x 80cm B x 75cm H)R3800; wit langwerpige vaas R119,99; wit vaas metnou bek R149,99; wit bottelvaas R179,99 en groot Hurricane-kershouer R229,99, alles beskikbaar by uitgesoekte Mr Price Home-winkels en mrphome.com.

9. Tussen twee arms Die neutrale Cohan-stoel (71cm H x 82,5cm B x 70cm D; R12999, bash.com) met sy trendy kurwes is ontwerp vir styl én gema

10. Morphée (R2490,sa.morphee.co.za) is 'n "aflyn" nuutjie wat beloof om jou gouer en makliker in 'n diep slaap te laat val. Die toestel bevat 201 begeleide meditasie- en sofrologie-sessies en is 100% internetvry - dus geen golwe of skerms nie!

11. Hertex stel in Maart 'n nuwe reeks, Antigua, bekend. Dis 'n versameling gesofistikeerde klassieke en moderne ontwerpe in veelsydige geweefde en bedrukte jacquard-materiaal. Elkeen van dié materiale kom met 'n Martindale-vryftelling van tussen 30000 en 50000, en is geskik vir gebruik buite in die tuin óf op 'n onderdakstoep. Besoek jou naasteHertex-vertoonlokaalof hertex.co.za virmeer besonderhede.

12. Skep 'n elegante eetkamer met Coricraft se 2,4m lange Greyton-tafel van soliede eikehout (in Natural; R24999), plaaslik gemaakte Kendal-eetstoele (vanaf R4499 stuk) en 'n paar Charnie-kandelabers (R3999 elk). Besoek coricraft.co.za.

13 IndochineConsole Zheng (pictured in Red; 94cm L x 25cm Wx 85cm H)R10 995, blockandchisel.co.za

14. Rooiwarm!Die kleurkenners by Duram vertel dat huiseienaars dalk daarvan wegskram om sterk rooie soos Red Jasper | 75 in hul huise te gebruik oor hulle nie seker is hoe dié kleur, wat aan terracotta herinner, by hul leefruimtes sal inskakel nie. Sterk kleure is egter hoogmode!

Kry 'n 90ml-toetspotjie en gaan verf dit by jou huis, dan kan jy maklik sien of dit saam met jou dekor sal werk en hoe dit subtiel deur die dag by veranderende lig aanpas. Vra vir Duram by jou plaaslike ysterwarewinkel.Kombineer Red Jasper | 75 met diepblou skakerings soos Black Mussel | 50 vir kontras.

15.SKEP & VERNUWE!

WIE Cecilia Tang

WAAR Breestraat 243, Tuine, Kaapstad

BESIGHEID Tuft Crowd

HAAR WERK Herinneringe van haar ouma se handewerk het Cecilia Tang geïnspireer om Tuft Crowd te begin - 'n skeppende ruimte waar klante hul eie matte maak tydens 'n drie uur lange ervaring van deurknoopwerk. Daar is twee opsies: 50 x 50cm (R960) en 70 x 70cm (R1400).

"Dis 'n eenvoudige proses waartydens ons jou lei om jou gekose ontwerp te skets, die draad te kies en die knoopwerk te doen," sê Cecilia.

"Daarna word die matte afgewerk met 'n rugkant en laastens word die pluis geskeer.

"Mense kom na ons ateljee om verjaardaggeskenke vir vriende te maak, herinneringe saam met geliefdes te bou en selfs matte vir hul troeteldiere te maak, mét hul name daarop. Wat die ervaring uniek maak, is dat jy geen vaardigheid nodig het nie - enigeen kan probeer! Kinders is ook welkom onder die toesig van hul ouers."

Kry nog inligting en bespreek by tuftcrowd.co.za; kyk ook nainstagram.com/tuftcrowdza. 16 Wat sal die mure sê? Read the Room is deel van die Minnie Kemp x Mind the Gap-versameling plakpapier wat nou by St Leger & Viney te kry is (POA, stleger.co.za).

Die reeks, geïnspireer deur die pragtige kleure van plattelandse huise in Transsilvanië, ryk grond, blou lug en golwende heuwels, bring hulde aan ons erfenis, die vertelkuns en avontuur. Die blokke het 'n handgeverfde voorkoms wat enige muur in 'n besielende galery sal omskep. Die ontwerp is herhalend; elke pak bevat drie rolle van 3m lank x 52cm breed.

17. African Jacquard, wat bekend is vir hul weelderige tekstielware vir die huis, het 'n nuwe winkel by Kerkstraat 53 in Kaapstad. Loer in of koop aanlyn by africanjacquard.com.

18. Die rus is hierIncanda se nuwe Parys-rusbank (op die foto in Agulhas Bovine Charcoal- leer; vanaf R19100, incanda.co.za), met sy kontemporêre styl, sal in enige leefruimte pas.

19. Concentric Candelabra R699 and Hayley Brass and Ceramic Knob R65, poetrystores.co.za

20. Mia Melange-wasgoedmandjie met dekselR2739, yuppiechef.com

21. Planne metplastiek. Die internasionaal erkende Re.Bag.Re.Use-inisiatief in Houtbaai gebruik skoon, sagte plastiek vir die maak van pragtige sakke en dekorware. Dit keer nie net dat plastiek in die see of op stortingsterreine beland nie, maar skep ook 'n inkomste vir die handwerkers.

Ontdek en koop 'n unieke skepping soos dié wasgoedpennetjie-sak (R200) by rebagreusehub.co.za.

22. Broken Lines-strooikussing (50 x 50cm) R499, woolworths.co.za

23. MAGIESE METAAL! Met sy treffende afwerking vertel die groot 600 x 1200mm-DripArt Copper Rectified Matt Glazed Porcelain Tile - gemaak in Italië en eksklusief te kry by Italtile (vanaf R850/m2) - 'n besonderse storie met behulp van sy tekstuur en kleurspel.

Presisiegesnyde rande verseker 'n naatlose en gepoleerde voorkoms waar dit op 'n vloer of teen 'n fokusmuur geïnstalleer is. Besoek italtile.co.za.

Saamgestel deur Johané Neilson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM