Wind kan baie voordelig wees vir plante, omdat dit temperature verlaag, die lug aan die beweeg hou, en keer dat spore op plante bly lê en swamsiektes veroorsaak. Maar wind kan ook groot skade aanrig as jy nie die nodige voorsorg tref nie:
• Bind jong bome en struike aan stutte vas om te keer dat hul wortels beweeg en dan nie vestig nie. Dit sal ook help dat takke nie beskadig en afwaai nie.
• ’n Windskerm van geharde bome of struike sal help om die wind te breek. Plant geharde plante langs die grensmuur om ’n buffer te vorm, en minder geharde plante voor die gehardes waar hulle beskut sal wees. ’n Soliede muur is nie ’n goeie keuse vir ’n windskerm nie, omdat dit weerstand bied. As jy wel ’n soliede muur verkies vir veiligheid en privaatheid, plant geharde struike aan weerskante daarvan om die wind te breek.
• Plant konifere op die buitegrense van jou tuin vir beskerming in gebiede wat erge winters ervaar; plante met klein blaartjies doen nie soveel skade op as dié met groot blare nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/e9a265ed67964b98b578aa2505c3431d.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/57af3373900243ac94f5140860313a6f.jpg













