Vir 6
Voorbereityd 15 minute
Gaarmaaktyd 45 minute
Jy benodig
- 5 appels, elk in 8 stukke gesny
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 200 g fudge, in stukkies gebreek
- 2 eetlepels botter
VIR DIE BOLAAG
- 1 koppie koekmeel
- 2 koppies hawermout
- 1 eetlepel fyn kaneel
- ½ koppie donker bruinsuiker
- ½ koppie botter
Só maak jy
- Voer die binnekant van 'n platboomswartpot met foelie uit, pak die appels daarin en gooi die suurlemoensap en stukkies fudge bo-oor.
- Meng die droë bestanddele van die bolaag goed en vryf dan die botter daarby in totdat die mengsel soos droë broodkrummels lyk. Gooi die mengsel oor die appels.
- Sit die pot oor matige warm kole en pak ook 'n paar warm kole op die deksel. Ná 35-45 minute sal die appels sag en die kors goudbruin wees. Jy kan dit ook vir 40 minute sonder 'n deksel in 'n oond van 180 °C bak.
WENK
Jy kan die droë bestanddele vir die bolaag by die huis al meng en in 'n Ziploc-sakkie saamvat op vakansie.













