- 250 g - botter
- 65 g (125 ml) - versiersuiker, plus ekstra vir rol
- 200 g (500 ml) - amandelmeel
- 10 ml - yswater
- 5 ml - elk suurlemoensap en gerasperde suurlemoenskil
- 2 - takkies suurlemoentiemie
- 280 g (500 ml) - koekmeel
- 10 ml - bakpoeier
1 Klits die botter en suiker saam tot romerig en lig van kleur. Roer die amandelmeel, water, suurlemoensap en -skil, asook die tiemie, by.
2 Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng dit ook by die deeg tot glad. Voorverhit die oond tot 160 °C.
3 Rol die deeg in happiegroot balletjies en pak op gesmeerde bakplate. (Jy kan ook bakpapier inspan om te keer dat die koekies vassit.) Druk die balletjies effens platter met 'n vurk.
4 Bak nou die koekies vir 15-20 minute of tot gaar (die koekies moet liefs nie bruin verkleur nie). Rol versigtig in die ekstra versiersuiker terwyl hul nog warm is en laat afkoel. Bêre in lugdigte houers.













