Kos + wyn

Bobotie

Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 5 - dik snye dag oue witbrood
  • 250 ml - melk
  • 15 ml - olyfolie
  • 30 ml - botter
  • 2 - groot uie, gekap
  • 3 - vet knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml - masala
  • 10 ml - fyn borrie
  • 10 ml - fyn komyn
  • 10 ml - fyn koljander
  • 3 - naeltjies
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 1 - rooi brandrissie, fyngekap
  • 30 ml - blatjang
  • 30 ml - appelkooskonfyt
  • 125 ml - sultanas of sagte gedroogde appelkose, gekap
  • 125 ml - amandelvlokkies, gerooster
  • - ’n ruim knypie gedroogde kruie
  • 5 ml - seesoutvlokkies
  • - varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 kg - maer maalvleis
  • VLA -
  • 5 - eiers
  • 300 ml - dubbelroom-jogurt
  • 8 - suurlemoen- of lourierblare
  • - dungesnyde suurlemoenskyfies (opsioneel)
  • - piesangskyfies en klapper vir voorsit

1 Week die brood in die melk. Druk die deurweekte brood stukkend met 'n vurk in die melk en hou eenkant.

2 Verhit die olie en botter saam en braai die uie tot glansend. Voeg die knoffel, masala, speserye, gemmer en brandrissie by en braai 'n paar minute tot geurig. Roer die brood en die res van die vulselbestanddele (behalwe die vleis) by, meng goed en verwyder van die hitte om af te koel.

3 Voorverhit die oond. Meng die afgekoelde uiemengsel deur die maalvleis en skep in 'n groot oondvaste bak. Klits die eiers en jogurt saam, geur met sout en peper en giet oor die maalvleismengsel.

4 Versier met die suurlemoen- of lourierblare en, as jy wil, 'n skyfie of twee dungesnyde suurlemoen. Bak sowat 1 uur, verhoog die oondtemperatuur na 200°C en gee die vla dan nog sowat 5-10 minute in die oond om mooi kleur te kry. Sit voor met geelrys, piesangskyfies, ekstra blatjang en klapper.

Wenk

Jy kan die maalvleismengsel 'n dag voor die tyd berei.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM