Kos + wyn

Braaivleisburrito

Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 5 minute

Jy benodig

• ½ koppie gaar bruinrys, louwarm

• ½ blikkie boerbone (kidney beans)

• 4 sprietuie, fyngekap

• 2 eetlepels mentblare, fyngekap

• 4 eetlepels ongegeurde jogurt

• ½ suurlemoen se sap (rasper sommer die skil ook by)

• sout en peper na smaak

• 1 koppie gaar braaivleis, in skyfies gesny

• 2 eetlepels tamatiesous of blatjang

• 2 eetlepels braaimarinade (soos Kraft se Hickory Smoke)

• 1 teelepel knoffelvlokkies

• 4 tortillavelle (of wraps)

• 1 avokadopeer, in skyfies gesny

• 4 pikantrissies, gekap

Só maak jy

1. Meng die louwarm bruinrys, bone, sprietuie en mentblare met jogurt, suurlemoensap en skil. Geur dit met sout en peper en maak seker dat die mengsel goed bind - dit moenie loperig wees nie.

2. Verhit 'n pan of potjie. Meng die braaivleis, tamatiesous of blatjang, marinade en knoffelvlokkies en laat dit deurwarm raak in die pan.

3. Verhit 'n skoon, droë pan en maak die tortillavelle een-een daarin warm. Skep 'n paar lepels van die rysmengsel op elke tortillavel en vul dit dan met die braaivleis, avokadopeerskyfies en 'n lepel gekapte pikantrissies.

4. Rol die tortillavel styf in foelie op en sny dit dan in twee.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM