Cowboykos
Jy benodig
(genoeg vir 4)
- 2 eetlepels kookolie
- 500 g beesmaalvleis
- teelepels fyn komyn
- 1 teelepel rissiepoeier (of gebruik 1 fyngekapte vars rissie)
- 2 blikke (410 g elk) tamatie-uie-en-groenrissie- mengsel
- 1 blik (410 g) swartboontjies, gedreineer
- ½ blik (200 g) heel mieliepitte
- ½ beesaftrekselblokkie
- sout en swartpeper na smaak
- rys en nachotjips om voor te sit
- vars koljander, suurroom en avokado om voor te sit
Só maak jy
1. Verhit die olie in 'n kastrol en braai die maalvleis tot goudbruin en gaar. Voeg die komyn en rissie by en braai dit vir nog 2 minute tot geurig.
2. Roer die tamatiemengsel, boontjies, mielies en aftrekselblokkie daarby en prut dit vir 30 minute.
3. Proe en geur die mengsel na smaak met sout, swartpeper en nog rissie, indien jy dit verkies.
4. Sit die chili con carne voor met rys en nachotjips, met daarby vars koljanderblare, suurroom en avokado.
Weg Ry & Sleep sê
Swartbone word ook pinto-beans genoem - dis redelik algemeen beskikbaar by supermarkte. As jy dit nie kan kry nie, kan jy dit met rooi niertjiebone vervang óf jy kan selfs 'n mengsel van die twee probeer.











