Kos + wyn

Fudge-roomys

Vir 2 liter roomys | Voorbereityd 10 minute plus oornag in die vrieskas

Jy benodig

• 6 eierwitte

• 4 eetlepels bruinsuiker

• 1 koppie room of Orley Whip

• ½ blikkie (180 g) kondensmelk

• 1 teelepel fyn kaneel of ¼ teelepel fyn kardemom

• 1 plak kasjoeneut- of grondboontjiebroslekker (peanut brittle)

• ½ koppie gekapte fudge

Só maak jy

1. Klits die eierwitte vir 'n paar minute en voeg dan die suiker by. Klits dit verder totdat die eier styf en die suiker gesmelt is.

2. Klits die room styf en meng die kondensmelk en kaneel of kardemom daardeur.

3. Gebruik 'n koekroller om die broslekker nog in sy pakkie fyn te rol. Vou die fyn broslekkersplinters en die gekapte fudge by die room in en vou dan die eierwitte daarby in. Roer dit tot dit alles net-net gemeng is.

4. Gooi die mengsel dadelik in 'n 2 liter-roomysbak en vries dit oornag. Sit die roomys voor met gebraaide perskes en 'n goeie skeut Amarula-likeur.

5. Of maak roomyslollies: Gebruik 'n houertjie klein genoeg vir 'n individuele porsie (soos uitgewaste jogurthouertjies) en druk 'n plastieklepel daarin voor jy dit vries. Dit vries baie vinniger as 'n vol roomysbak. Maak net seker jou houertjies staan waterpas in die vrieskas!

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM