Kos + wyn

Haloumi-roosterkoek

Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis

Vinnig en vullend!

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 4 gaar roosterkoeke
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels chermoulasmeer
  • 250 g haloumi, in 4 skywe gesny

Só maak jy

1. Sny die roosterkoeke middeldeur en smeer dit met die botter, blatjang en chermoulasmeer. Sit dit eenkant op die rooster om warm te raak.

2. Braai die haloumiskywe in 'n pan tot dit warm en bros is.

3. Vul die roosterkoek met die warm haloumi en val dadelik weg. Haloumi raak rubberig as dit weer afkoel - dis dus belangrik om dit dadelik voor te sit nadat jy dit gemaak het. Indien dit wel afkoel, kan jy die roosterkoek in foelie toedraai en later net weer oor die kole verhit.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM