- 15 ml - botter
- 30 ml - meel
- 1 - liter hoenderaftreksel, warm
- 250 ml - melk
- 1 - klein kop broccoli, stingel verwyder en die blomme gekap
- 300 ml - gevlokte gaar braaihoender
- 300 g - bevrore gemengde groente
- - gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 Smelt die botter in 'n kastrol en klits die meel by; braai vir 'n minuut. Klits die aftreksel by, gevolg deur die melk. Roer die broccoli by en laat prut vir 5 minute.
2 Roer die hoender, groente, suurlemoenskil en sout en peper na smaak by en laat prut vir nog 5 minute. Sit voor met vars broodrolletjies.













