Kos + wyn

Hul glase was nóóit halfvol

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
19-03-2018   NETWERK24  PROFIELONDERHOUD -Jan "Boland" Coetzee.   Jan "Boland" Coetzee is die eienaar van die wynplaas Vriesenhof en ook 'n voormalige wynmaker.  Hy is nie net bekand vir sy wynmaak vaardighede nie maar het ook vir Maties, WP en die Springbokke rugby gespeel en saammet Doktor Danie Craven rugby afgerig by Maties. Onderhoud gedoen op die plaas Vriesenhof, buite Stellenbosch.  foto: Jaco Marais

Bedryf neem afskeid van drie van sy steunpilare

† Jan Boland Coetzee †

Die oud-Springbok en wynmaker Jan Boland Coetzee is verlede Vrydag oorlede.

Coetzee (80) was seker die bekendste vir sy tyd op die rugbyveld, maar in die wynbedryf sal hy altyd geken, geëer en onthou word as Kanonkop se eerste amptelike wynmaker – die rugbyspeler wat die wynwêreld op sy kop gekeer het.

Hy was nie net ’n belangrike figuur in Kanonkop se geskiedenis nie, maar ook in die vestiging van chardonnay en pinot noir in Suid-Afrika.

Later het Coetzee op sy plaas, Vriesenhof, verder gaan boer en wyn gemaak waar hy nog tot diep in sy 70’s betrokke was.

Oor die jare het hy nie net diep spore in die bedryf getrap nie; hy was ook vir vele ’n mentor en ’n vriend.

Buite die wêreld van wyn was hy ’n rugbyheld wat vir Maties, WP en die Springbokke uitgedraf het en wie se drieë op Nuweland nooit vergeet sal word nie.

† Peter Pentz Snr. †

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM