Kos + wyn

Kortpadkos: Lekker Marmite-hoender

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 15ml - Marmite (of na smaak)
  • 30ml - sagte botter
  • 3 - takkies tiemie, blaartjies gestroop en behou
  • 4 - hoenderkwarte (boud-en-dystukke)
  • 1 - groot ui, in skywe gesny
  • 500g - baba-aartappeltjies (kleiner is beter of halveer)
  • 15ml - meel

1. Voorverhit die oond. Meng die Marmite, botter en tiemie. Lig die vel van elke hoenderstuk versigtig en smeer 'n kwart van die bottermengsel onder die vel van elk. Maak seker jy druk van die geurige smeersel tot op die boudjie se vlees ook.

2. Rangskik die uie in 'n laag in 'n oondbak met 'n deksel. Sit die aartappels op die uie en strooi die meel oor. Sit die hoender bo-op, geur met sout en peper. Giet 200 ml kookwater in die bak, bedek en bak vir 30 minute.

3. Haal die deksel af, verwyder die hoender en roer die aartappels en uie om. Sit die hoender terug, en bak oop vir nog 15 minute tot goudbruin. Sit voor met rys en groente.