- 800 g - varkfilet
- 30 ml - miso-pasta
- 1 - knoffelhuisie, gekap
- 200 g - medium-rysnoedels, gaar
- 30 ml - geurige sesamolie
- 15 ml - sojasous
- 15 ml - gekapte koljanderblare
- 1 - rooi brandrissie, gekap
- 1 - klein komkommer, geskil en gesny
- - ’n hand vol mentblare
- - ’n klein bossie sprietuie, gekap
- 200 g - dun aspersielote, geblansjeer
- 80 g - Oosterse slaaiblare
1. Sny die varkfilet in vier stukke en meng met die miso en knoffel. Laat eenkant staan. Kook intussen die noedels volgens die aanwysings op die verpakking.
2. Verhit die sesamolie in 'n groot pan en braai die vleis oor matige hitte tot goudbruin oraloor en net-net gaar. Laat rus vir 'n paar minute en sny dan in dun skyfies. Sit die pan terug op die hitte en roerbraai die vark, gaar noedels, sojasous, koljander en brandrissie saam vir 'n minuut of twee tot lekker gemeng. Voeg 'n ekstra skeut olie by indien nodig.
3. Skep die noedels saam met die res van die bestanddele op 'n mooi dienbord en sit voor teen kamertemperatuur.













