Jy benodig (Vir 4)
- 1/3 koppie hoisinsous
- 2 eetlepels sojasous
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 eetlepel heuning
- 1 eetlepel vars gemmer, gerasper
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 4-6 varktjops met die vet, vel verwyder
Só maak jy
1 Meng al die bestanddele saam en marineer die varktjops daarin vir 30 minute of langer.
2 Braai die tjops oor matige warm kole(3-4 minute per kant) of in 'n pan wat rokend warm is. Sit dit voor met 'n krakerige koolslaai.












